Swys is trots op sy Bok-vroue

Die Springbok-vroue het Spanje in ʼn toets op die Kaapstad-stadion met 36-19 afgeransel. Libbie Janse van Rensburg, een van die drie-drukkers, het die eerste Springbok-vrouespeler geword wat meer as 200 toetspunte aanteken. Die wedstryd was ter voorbereiding van die tweede weergawe van die Vroue-vyftien wat die einde van die maand afskop. Die prestasie-afrigter, Swys de Bruin, het sy span se verdedigende houding en aanvalsvermoë geloof: