Swys de Bruin vat oor by Springbok-vrouespan
Rugby: Die voormalige Springbok-afrigterkonsultant, Swys de Bruin, sê hy kan nie wag om saam met die Springbok-vrouespan hulle veldtog vir 2025 se Wêreldbekertoernooi aan te pak nie. Hy is as die prestasie-afrigter van die vrouespan aangestel. De Bruin sê hy is vasberade om nie net die span vir hulle beste vertoning op die Wêreldbekertoernooi in Engeland voor te berei nie, maar ook om die beste uit die span na vore te bring vir volgende maand se Vroue-15-toernooi in Kaapstad.