Swot Beyoncé aan Universiteit van Yale…

Die Yale-universiteit sal ‘n kursus instel met die titel Beyoncé Makes History: Black Radical Tradition History, Culture, Theory and Politics through Music. Die kursus sal fokus op die 32-malige Grammy-wenner se werk, van haar album ‘Beyoncé’ in 2013 tot by 2024 se Cowboy Carter. Dit sal aangebied word deur die musiekprofessor in Afrika-Amerikaanse studie Daphne Brooks. Universiteite reg oor Amerika het ook lesings aangebied oor Taylor Swift, Lady Gaga and Harrison Ford.

Foto: Verskaf