Switserse toeris in Namibië van sy fiets beroof
‘n Switserse toeris wat met sy fiets deur Namibië reis, Roman Esteban, se fiets is gister tussen elf-uur die oggend en twaalf-uur die middag by die Seven Valleys-gastehuis op Ongwediva gesteel. Sy fiets was sy enigste vervoermiddel en hy het al die pad vanaf Kaapstad tot by Ruacana met die fiets gery. Hy sou later vanaf Namibië na Angola en Malawi met sy fiets reis. Esteban bied ‘n beloning aan vir enige iemand wat sy fiets kan opspoor.