Switserse polisie arresteer verskeie mense oor selfmoord-kapsule

Switserse polisie het verskeie mense gearresteer nadat ‘n omstrede kapsule wat ontwerp is om die insittendes toe te laat om selfdood te pleeg vir die eerste keer gebruik is. Aanklaers in die noordelike kanton Schaffhausen wat grens aan Duitsland, het strafregtelike sake teen verskeie mense begin, vir die aansporing en aanmoediging van selfdood. ‘n Woordvoerder van The Last Resort, die groep wat die kapsule ontwerp het, sê die oorledene was ‘n 64-jarige Amerikaanse vrou met ‘n erg-aangetaste immuunstelsel. Die groep sê die vrou se dood was vreedsaam, vinnig en waardig.