Switserland se Nemo wen Eurovision-kompetisie

Switserland het die Eurovision-kompetisie in die Sweedse gasheerstad Malmo gewen deur die naaswenner Kroasië te klop. Vanjaar se kompetisie, wat beskou word as ‘n goedvoel-viering van Europese diversiteit, is in die politieke kollig geplaas met oproepe dat Israel uitgesluit moet word oor sy militêre veldtog in Gaza. Die Switserse rapper en sanger Nemo het gewen met “The Code”, ’n drom-en-bas-, opera-, rap- en rockliedjie, oor sy reis van selfontdekking as ’n nie-binêre persoon. Nemo se Eurovision-triomf was die derde vir Switserland, en die eerste sedert die Kanadese ster Celine Dion in 1988 die kompetisie vir die Alpe-land gewen het.