SWIFT-platform sal betalings se kostes duurder maak

Vroeër die jaar is aangekondig dat elektroniese oordrag-betalings van Namibië na en van ander lande in die gemeenskaplike monetêre gebied sal verander. Die lande is Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho. Die betalings sal nie meer elektronies gedoen word nie, maar via die SWIFT-platform verwerk moet word. Al sulke betalings sal dus as buitelandse valuta-betalings beskou word, wat koste- asook tyd-implikasies het. Die nuwe reëling tree op 30 September vanjaar in werking. Die plaaslike landboukenner Wallie Roux sê Namibië se werklike lewenskostes sal die hoogte inskiet.