SWIFT-oorgrensbetalings bied een groot voordeel
Die nuwe bankregulasies vir oorgrens-betalings wat vanaf 30 September van krag is, is ‘n beduidende verskuiwing in hoe finansiële transaksies tussen lande in die Gemeenskaplike Monetêre Gebied uitgevoer word. In plaas van elektroniese fondsoorplasings, word die gevestigde SWIFT-netwerk vir internasionale geldoordragte gebruik. Dit het tyd- en koste-implikasies gehad. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ekonoom Josef Sheehama, wat sê een voordeel is dat foutiewe oorplasings gestop kan word.