Swiatek verslaan Sabalenka

Iga Swiatek het die Rome Ope gewen nadat sy Aryna Sabalenka 6-2, 6-3 weggevee het in die eindstryd vir haar derde Foro Italico-titel. Swiatek, die wêreld se nommer-een-speler, het gemaklik klaargespeel met die tweede-gekeurde Sabalenka in die laaste groot toernooi voor sy haar Franse Ope-titel verdedig. Sy het voor ‘n volgepakte hoofbaanskare haar 12de agtereenvolgende wedstryd op klei ingepalm en die eerste vrou sedert Serena Williams in 2013 geword om Madrid én Rome in dieselfde seisoen te wen.