Swiatek veg terug teen Osaka in Franse Ope

Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek het op die randjie van ‘n wedstrydpunt teen haar gedraai op pad na haar oorwinning teen Naomi Osaka in die tweede ronde van die Franse Ope. Die 22-jarige Pool het teruggeveg om met 7-6,1-6, 7-5 te wen. Daar was ook oorwinnings vir die Amerikaner Coco Gauff, en die Tunisiër Ons Jabeur. Carlos Alcaraz van Spanje het Jesper de Jong van Nederland met 6-3,6-4,2-6, 6-2 verslaan, terwyl die Italianer, Jannek Sinner, met Richard Gasquet van Frankryk in skoon stelle afgereken het. Swiatek het gesê haar wedstryd was taai.