Swendelaars teiken wéér vir Saara

Die Namibiese eerste minister dr. Saara  Kuugongelwa-Amadhila is wéér deur swendelaars geteiken. Haar kantoor het in ‘n verklaring gesê daar sirkuleer op sosiale media boodskappe dat die premier ‘n geverifieerde digitale beleggingsbank met die naam Eco Nad Bank bevorder. Die kantoor ontken ten sterkste dat die boodskap op sosiale media eg is en sê dat die eerste minister beslis nie by die skema betrokke is nie. Die publiek word weer eens gemaan om nie deur swendelaars bedrieg te word nie.