Swendelaars teiken Otji-sakeman
Swendelaars is al reeds besig met ‘n bedrogspul nadat die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap met brandwonde na ‘n Johannesburgse hospitaal vervoer is. Volgens sy skoonseun Jacques Celliers word vals boodskappe op Facebook en WhatsApp versprei om geld vir Borstlap in te samel. Die boodskappe lui dat sy vrou in ‘n finansiële penarie is en diere moet verkoop. Celliers het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat geen geldinsameling vir Borstlap gehou word nie. Hy is reeds na die Millpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas waar hy volgens Celliers in ‘n stabiele toestand met brandwonde van 68 persent is.