Swendelaars teiken arbeidsministerie

Die arbeidsministerie word ook nou deur swendelaars geteiken. Die adjunk-uitvoerende direkteur Aune Mudjanina maan die publiek in ‘n mediaverklaring teen ‘n kwaadwillige e-pos wat valslik onder die naam van die adjunk-arbeidskommissaris Kylikki Sihlahla uitgestuur word. Die ministerie waarsku ook die publiek om nie die aanhegsel van die e-pos oop te maak nie, want dit kan skadelike virusse bevat.