Swede teken -43,6°C aan, laat Moskou soos somer lyk!

Swede het sy koudste Januarie-nag in 25 jaar aangeteken met ʼn lesing van minus 43,6 grade Celsius in die verre noorde, toe skielike koue die land en die naburige Finland getref het. ʼn Temperatuur van minus 49 grade is in Januarie 1999 in Swede aangeteken, wat die rekord van 1951 geëwenaar het. Verskeie ander weerstasies het temperature van laer as minus 40 grade in die noordelike dele van Swede aangeteken. Die temperature laat Moskou se Woensdagmaskimum van tussen minus 21 en 23 grade soos somer klink!