Swede se Aberg neem voortou in Amerikaanse Ope

Gholf: Ludwig Aberg van Swede het ‘n voorsprong van een hou na gister se tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Scottie Scheffler, die wêreld nommer-een, en ander gunstelinge sukkel egter op die moeilike Pinehurst-baan. Aberg, wat sesde op die ranglys is, het een onder baansyfer 69 gespeel om die 36 putjies op vyf onder 135 te voltooi. Maar Scheffler, die gunsteling voor die Ope, loop die gevaar om nie die afsnypunt te haal nie na hy 74 aangeteken het en op vyf-onder 145 geëindig het.