Swede hou duim vas Turkye keer Navo-aansoek in Oktober goed

Die Sweedse minister van buitelandse sake sê hy bly hoopvol dat Turkye sy beplande Navo-lidmaatskap sal bekragtig wanneer die Turkse parlement in Oktober weer byeenkom. Tobias Billstrom sê daar was nie weer enige klagtes of vrae vanaf Turkye nie. Swede het verlede jaar om Navo-lidmaatskap aansoek gedoen in reaksie op Rusland se inval in die Oekraïne en die meeste alliansielede het vinnig sy bod bekragtig. Maar Turkye is huiwerig met verwysing na kommer oor veiligheidsamewerking.