Swede bekostigbaarste en veiligste ter wêreld

Swede is die beste land ter wêreld wat onder andere bekostigbaarheid en veiligheid insluit. Volgens Numbeo is die lewenskoste in Swede gemiddeld 20,9% laer as in die Verenigde State, terwyl huurkostes 57,5% laer is. Swede is bekend vir sy gratis gesondheidsorg en kollege-opleiding, volgens U.S. News en World Report. Swede spog met een van die langste lewensverwagtinge, ‘n gemiddelde ouderdom van 82,8 jaar, volgens die CIA World Factbook. Die land het ‘n uitstekende ouerskapverlofbeleid: Ouers is geregtig op 480 dae betaalde verlof wanneer ‘n kind gebore of aangeneem word. Indien daar twee ouers is, is elkeen geregtig op 240 van daardie dae. 

Foto: CNBC