Swartsee-graanuitvoere uiters, uiters belangrik

Moskou dreig om die Swartsee graanuitvoer-ooreenkoms wat môre verval, te verlaat tensy daar aan ‘n lys eise voldoen word om struikelblokke vir sy eie graan- en kunsmisuitvoere uit die weg te ruim. Volgens owerhede in die Oekraïne kan alle uitvoere môre gestaak word omdat daar geen verdere samesprekings in die verband beplan word nie. Dit sal katastrofies wees omdat talle lande regoor die wêreld staatmaak op die land se koring. Die uitvoerende hoof van die NMI-groep, Ian Collard, sê terwyl daar nie plaaslik uitdagings is nie, kan die belangrikheid van die uitvoere regoor die wêreld nie oorbeklemtoon word nie.