Swartbooi maak talle beloftes by saamtrek

Die LPM-leier, Bernadus Swartbooi, het onderneem om sleutelkwessies soos wanvoeding, toegang tot landbougrond, water en elektrisiteit aan te spreek indien hy as president verkies word. Swartbooi beklemtoon dat wanvoeding ‘n kritieke kwessie is wat onmiddellike aandag verg. Hy meen die oplossing lê in die versterking van die landbousektor, ‘n hoeksteen van die LPM se manifes. Swartbooi het gepraat tydens ‘n LPM-verkiesingsaamtrek in Gobabis en ook klem gelê op die tekort aan sekondêre skole in die Omaheke-streek.