Swartbeer val man in huis aan

‘n Swartbeer het ‘n Amerikaanse man laataand aangeval nadat sy deur ‘n glasdeur gebreek het op soek na kos. Die volwasse wyfie en haar drie welpies het by die huis in Lake City, Colorado, ingekom. Die 74-jarige man het probeer om hulle met ‘n kombuisstoel te verjaag, maar is teen ‘n muur vasgekeer en gekrap. Hy het beserings aan sy kop en lyf opgedoen voor hy en sy vrou kon ontsnap na ‘n slaapkamer. Die polisie het die bere kom uitjaag, en die man is op die toneel behandel.