‘Swart swaan gebeurtenis’ sink luukse seiljag

Die soektog na ses mense wat vermis word nadat ‘n luukse seiljag Maandag in die vroeë oggendure aan die kus van Sisilië gesink het, is nou in sy derde dag. Reddingspanne probeer om die slaapkajuite van die jag binne te gaan, waar puin toegange blokkeer. Duikers word gehelp deur afstandbeheerde voertuie wat baie langer op die seebodem kan werk. Intussen beskryf Matthew Shanck, die voorsitter van die Britse Maritieme Navorsing- en Reddingsraad, die sink van die jag as ‘n sogenaamde “swart swaan gebeurtenis”.