Swart soldaatvlieg kan voedselsekerheid aanhelp

Die swart soldaatvlieg is besig om opgang te maak as ‘n manier om organiese afval in veevoer en organiese kunsmis te omskep met minimale water- en elektrisiteitinsette. Die vlieglarwes het ‘n vurige eetlus en sal enigiets van verrottende vrugte tot mis en dooie diere verorber, selfs verwerkte kosse soos pizza! Teen die einde van sy larfstadium verander die vlieg in ‘n 3cm-lange papie propvol proteïene, kalsium en ander voedingstowwe. Aangesien elke volwassene 200 tot 600 eiers lê, hoef net ‘n paar papies gehou te word om die volwasse bevolking aan te vul. Die res word in ’n oond gebak en in die son gedroog om as ’n sleutelbestanddeel in hoender-, vark- of visvoer, of hoëgehalte troeteldierkos gebruik te word. Die Namibiër Sven Gruttemeyer, die eienaar en stigter van Biocycle, gebruik die swart soldaatvlieg om volhoubare voer vir diere en plante te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gruttemeyer gesels, wat meer verduidelik.