Swart lappie om Berg Fuji-uitsig te belemmer

Die uitsig op die hoogste bergpiek in Japan, die majestieuse Berg Fuji, is met ‘n groot swart maasskerm versper. Die spits van 3 776-meter met sy sneeubedekte kruin is een van die mees ikoniese toeriste-aantreklikhede in Japan. Inwoners van die dorpie, Fuji Kawaguchiko, kla oor rommelstrooiery in die dorpie se skoon strate. Die foto is blykbaar uiters gewild op sosiale media en word met die Lawson winkel ook in die agtergrond geneem. Die skerm is ‘n desperate stap en ‘n teken van hoe Japan spook om die groeiende aantal toeriste in die land te hanteer. Van die inwoners wonder nou egter wanneer iemand ‘n gat in die skerm gaan sny om weer die uitsig te geniet!