Swapo weier om te sê oor ‘neutraliteit’ in oorlog in Oos-Europa
Nie een senior Swapo-regeringsamptenaar wou kommentaar lewer oor die land se standpunt teenoor Rusland nie. Navrae is aan die eerste minister, haar adjunk en die party se sekretaris-generaal gerig, veral na die herrie losgebars het in Suid-Afrika oor vermeende wapenverkope en die Rome-statuut se aanpassing in verband met President Vladimir Putin se besoek in Augustus. Al drie dames, met verskillende grade van ordentlikheid, wou die kwessie van neutraliteit aanspreek nie. Die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanya, sê dit verbaas glad nie.