Swapo vra Uutoni om in te gryp by Karas-streekraad

Die Swapo Party doen ’n beroep op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, om in te gryp by die Karas-streekraad. Die party sê die streek se bestuurskomitee is sedert Junie verlede jaar wanfunksioneel. Dit kom na die raadslidmaatskap van drie Swapo-verteenwoordigers deur die LPM-gedomineerde Karas-streekraad opgehef is. Die Karas Swapo-streekkoördineerder, Mathew Mumbala, sê die lede is verkies en hul termyn kan nie deur die raad opgeskort word nie. Die raad se voorsitter, Joseph Isaacks, sê egter die drie lede is net uit die streekraad afgedank, ingevolge ‘n meerderheidsbesluit op ‘n spesiale raadsvergadering.