Swapo vat 6 maande vir dringende hofaansoek oor Karas-raadslede
Die afdanking van drie Swapo-lede van die Karas-streeksraad het uiteindelik die hof gehaal met ‘n dringende aansoek vandag voor regter Orben Sibeya. Die lede het lank gevat met die aansoek na hulle laat in Januarie afgedank is deur die LPM-voorsitter. Swapo-lid en advokaat Sisa Namandje het die raad tot 1 Februarie gegee om die lede weer aan te stel of teen 5 Februarie hof toe gesleep word. Die voorsitter Joseph Isaacks, het hulle van verskeie oortredings beskuldig. Dit sluit in die vroeë verlating van vergaderings sonder verskonings, kwaadwillige opset en pogings om die raad te saboteer tot die weiering om vakante poste in die bestuurskomitee te vul met die doel om die raad te laat misluk. Hulle het blykbaar ook vergaderings misgeloop.