Swapo sover onder 50% in NV-verkiesing
Ongeverifieerde verkiesingsuitslae begin drupsgewys inkom. Volgens Eagle FM se aanlyn portaal loop Swapo se kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, voor in die presidensiële verkiesing met net meer as 52 persent van die stemme. Die IPC-leier Panduleni Itula het net meer as 26 persent, gevolg deur die PDM se McHenry Venaani op 6,8 persent en Bernadus Swartbooi van die LPM met 6,23 persent. In die Nasionale Vergadering verkiesing het Swapo net meer as 49 persent, die IPC het byna 22 persent en die LPM 7,61 persent. Nog net sowat 100 000 stemme is getel.