Swapo-skool se tweede gradeplegtigheid vandag

Die Swapo Partyskool het vanoggend sy tweede gradeplegtigheid gehou. President Hage Geingob was die hoofspreker en het die geleentheid afgeskop met ‘n oomblik se stilte vir die ontslape voormalige rektor van die skool, Marco Hausiku, en die mense van Palestina. Die skool is daargestel om partyleiers op te lei in die party se ideologie sodat lede met een stem praat. Geingob sê die doel van die opleiding is om te verseker dat partylede aan die party se beloftes voldoen.