Swapo sê 1,4m moet registreer vir sy meerderheid

Om ‘n tweederdemeerderheid in die verkiesing te kry, sê Swapo ten minste 1,3 of 1,4 miljoen geregistreerde kiesers sal moet stem. Die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, sê partylede moet die publiek mobiliseer om te registreer.  President Nangolo Mbumba het reeds sy kommer uitgespreek oor die lae opkoms tydens registrasie wat op 1 Augustus sluit. Die jongste syfers maak melding van ongeveer 900 000 van die amper 1,7 miljoen stemgeregtigdes wat geregistreer het.