Swapo-regering gee nie aandag aan korrupsie nie, maar soek belastinggeld

Daar is nie genoeg bronne om korrupsie te bestry nie. Dit is die mening van die adjunk-direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, advokaat Erna van der Merwe wat sê die nuutgestigde NamRA-agentskap het 53 ouditeure wat reeds by hul hoofkantoor alleen aangestel is, in vergelyking met 36 ondersoekbeamptes by die kommissie wat die hele land moet bedien. Daar is net 21 amptenare vir die voorkoming van korrupsie in openbare onderwys vir die hele land. Die impak van korrupsie op Namibië is enorm en daarom is meer kapasiteit nodig. Die Erongo-streek se kantoor, wat ook vir Kunene verantwoordelik is, het byvoorbeeld slegs drie ondersoekbeamptes met 82 aktiewe sake. Die IPC se nasionale voorsitter, Brian Black sê daar word nie die nodige aandag gegee nie.