Swapo, PDM, LPM, Nudo en kie toon minagting vir bateverklaring-wetgewing

Bateverklarings in die Nasionale Vergadering blyk om ‘n grap te wees. Van al die lede van die huis, het net die UDF se Apius Auchab en Dudu Murorua elke jaar hul verklarings ingedien. Dit moet teen 30 April jaarliks ingedien word en is herhaaldelik uitgestel tot uiteindelik 7 Julie en toe weer tot einde Julie wat weer aangepas is tot 3 Augustus. Dit is wet om bates te verklaar. Sestien Swapo-lede, waaronder kabinetsministers, het nog nie verklaar nie met sewe PDM LP’s wat ook nog moet indien sowel as Bernadus Swartbooi en Utaara Mootu wat ook nog nie ingedien het nie. Nudo se Joseph Kauandenge en sy president adjunkminister Ester Muinjangue se verklarings is ook nog soek. Henk Mudge van die Republikeinse Party sê die aangeleentheid het ‘n grap geword.