Swapo, Nandi-Ndaitwah vra hofbevel ‘moet gevarieer word’
Swapo en sy presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het ‘n statusopdatering by die hoërhof in Windhoek ingedien in die saak waarin vyf partylede hulle hof toe vat oor die party se buitengewone kongres. Hulle sê dat die partye nog die uitruil van pleitstukke moet finaliseer, en daarna ‘n gesamentlike saakbestuursverslag moet voorberei. Hulle vra dat ‘n hofbevel wat vandag vrygestel is gevarieer word om voorsiening te maak vir ‘n saakbestuurverhoor, en daar moet genoeg tyd aan die partye gegee word om sake te hanteer wat hulle verplig is om kragtens Reël 71 te bespreek. Hulle sê die saak is nog nie ryp vir die toekenning van ‘n verhoordatum nie, en daar is nie onderling ooreengekom op 18 Oktober as verhoordatum nie. en die beskikbaarheid van partye se advokate moet ook oorweeg word.