Swapo moet vry vir kiesers, niks is vanselfsprekend nieNovember 13, 2023
‘n Politieke ontleder het gereageer op Swapo wat sy veldtog vir 2024 reeds van stapel gestuur het en aggressief besig is om stemme te werf. Volgens dr. Ndumba Kamwanyah, kan Swapo niks as vanselfsprekend aanvaar nie, veral nie met die uitdagings op voetsoolvlak nie.
Kamwanyah sê die veldtog dien ook om eenheid in die party te vestig, veral met gerugte dat sommige senior partylede steeds ‘n buitengewone kongres wil hou vir ‘n presidensiële kandidaat, terwyl Netumbo Nandi Ndaitwah reeds bevestig is.