Swapo moet PLAN-veterane betaal, nie Jan Alleman nie
Reaksie word ontvang op die ongeveer 2 miljard Namibiese dollar wat jaarliks op PLAN-oorlogsveterane bestee word. Die groep kry die beste maatskaplike beskerming in die land met 2 200 Namibiese dollar maandeliks, sowel as begrafnisvoordele van 26 000 dollar, hervestigingsvoordele, behuising en meer. Daar is ook ‘n toelaag vir die stigting van besighede. Kosmos 94.1 Nuus het met Henk Mudge die Republikeinse Party-president gepraat wat sê die belastingbetalers behoort nie die las te dra nie.
Mudge voer aan daar is talle veterane wat nie voordele ontvang nie.