Swapo moenie wegbeweeg van sy reëls: Angula

Vyf Swapo-lede wil ‘n dringende aansoek bring oor die party se besluit om volgende jaar ‘n buitengewone kongres te hou. Die party, en sy adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is die respondente. Die lede sê die party moes volgens sy grondwet na die dood van Hage Geingob, wat die party se president was, ‘n buitengewone kongres gehou het om ‘n nuwe leier te kies. Richard Metcalfe tree vir die vyf op. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nahas Angula, voormalige minister en ‘n Swapo-veteraan, oor wat dit vir die party beteken.