Swapo manifes eers middel September geloods

Die verkiesing kom vinnig nader en politieke kommentators hulle teleurstelling uitgespreek omdat meeste partye nog nie hulle manifeste geloods het nie. Tot dusver het nog net die Republikeinse Party sy manifes uitgereik. Die regerende party, Swapo, het by ‘n perskonferensie deur monde van sy informasie en kommunikasie beampte, Hilma Nicanor, die datums bekendgemaak vir die verkiesing van sy kandidate en die vrystelling van die manifes.