Swapo kap terug teen Shipwikineni se ultimatum
Swapo het deur sy prokureur, Sisa Namandje & Co., geantwoord op die drie Swapo-lede wat ‘n ultimatum gestel het dat die Sentrale Komitee teen 4 Mei ‘n buitengewone kongres moet belê, om ‘n nuwe Swapo-president te verkies. Hulle het beweer die party se grondwet is nie gevolg na party-president Hage Geingob se dood nie. Swapo sê al die aannames wat gemaak is verkeerd, en dat die huidige leierskap wettig verkies is op die party se 7de kongres. Hulle sê een van die drie lede, Reinhold Shipwikineni maak al lank kwaadwillige stellings wat die party se leierskap wil deligitimiseer. As hy voortgaan met ‘n hofgeding sal die party dit teenstaan en vra vir ‘n permanente interdik teen hom asook ‘n bestraffende regskostebevel. Die party sal ook vra dat hy sekuriteit van 500 000 Namibiese dollar vir regskoste betaal as hy met die saak voortgaan.