Swapo-jeugliga se leier nooi verloopte lede terug


Namibië maak reg vir die verkiesings op 27 November, en Swapo doen ‘n beroep op lede wat die regerende party versaak het, om terug te kom “huis toe”. Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo-jeugliga, het op X geskryf dat, “Enigiemand wat ongelukkig ‘n slagoffer van die waaiende wind geword het, KOM TERUG HUIS TOE”. Kosmos 94.1 Nuus het met Nekongo gepraat, wat sê dat die party al die hulp van al sy lede nodig het om die verkiesings te wen.