Swapo is winsgewend vir jong politici, daarom keer hulle terug
In ‘n noemenswaardige verskuiwing voor die verkiesing, het verskeie prominente figure wat voorheen die regerende Swapo gekritiseer het, teruggekeer na die party. Simon Amunime, voormalige Affrirmative Repositioning woordvoerder, is een van die meer as 27 individue wat weer by Swapo aangesluit het. Henny Seibeb, voormalige Landless People’s Movement-adjunkleier, het ook na Swapo teruggekeer. So ook Knowledge Ndunge Ipinge, ‘n jong politikus van Walvisbaai wat as ‘n onafhanklike kandidaat in die 2020-verkiesing gestaan het en die Walvisbaai landelike kiesafdeling verteenwoordig het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê die gebrek aan beginsels is ‘n probleem en hulle is opportunisties.