Swapo is nie immuun teen veranderings in Suider-Afrika nie – Khama
Die oud-president van Botswana Ian Khama het met The Namibian se Desert Radio gepraat oor sy land se afgelope verkiesing en die komende plaaslike stemmery. In sy mening loop Swapo die risiko om die verkiesing te verloor indien landsburgers ontevrede is. Volgens hom is daar veranderings in Suider-Afrika met bevrydgingsbewegings wat momentum verloor. Geen party is immuun teen wat in die streek voorgekom het tot dusver nie en daar is ook nie ‘n bepaalde tyd vir ‘n regerende party om in mag te bly nie. Botswana se regerende BDP het ‘n reuse-verlies gely en so ook die ANC in Suid-Afrika.