IPC: Swapo bring onafhanklikheid, maar nie veel meer 

Die South West Africa People’s Organisation, amptelik bekend as die Swapo Party van Namibië, is op 19 April 1960 gestig. Die regerende party Swapo vier dus môre hul 63ste verjaardag. Swapo het as vryheidsbeweging onafhanklikheid vir Namibië in 1990 bewerkstellig en is sedertdien die regerende party in die land. Kosmos 94.1 Nuus het aan Brian Black, die nasionale voorsitter van die opposisieparty IPC gevra, behalwe vir onafhanklikheid, wat het Swapo in 63 jaar vermag?