Swapo is druk besig in die Noorde… ’24-verkiesings is op pad

Dit is duidelik dat die presidensiële en algemene verkiesings al nader kom. Die Swapo-party is druk besig in die Noorde van die land met die jeugliga wat ‘n uitreik Vrydagaand by die party se streekskantoor op Omuthiya gehou het. Die onderwerp onder bespreking was die realiteite en uitdagings van ekonomiese bemagtiging van die jeug. Môre by die party se streekskantoor op Opuwo in die Kunene-streek, sal die party se adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah met boere ontmoet om die kwessie van kommersiële bemarking van vee vir boere Noord van rooilyn te bespreek. Die Independent Patriots for Change het reeds ‘n geruime tyd terug hulle 2024-veldtog aangekondig en die LPM-party is ook redelik bedrywig in die Suide waar hy sterk gevestig is. Maar, die PDM, as amptelike opposisie, is stil.