Swapo is boos oor sodomiewet
Swapo het ‘n video op sy sosiale media platforms gedeel van die prominente prokureur Sisa Namandje wat namens die party sê die onlangse sodomie-uitspraak strook nie met die party se waardes nie. Dit kom nadat die hooggeregshof twee wette uit die koloniale era wat selfdegeslagdade tussen mans gekriminaliseer het, ongrondwetlik verklaar het. Dit word beskou as ‘n landmerk-oorwinning vir die LGBT-gemeenskap. Die saak is deur die Namibiese aktivis Friedel Dausab gebring met die ondersteuning van die Brits-gebaseerde nie-regeringsorganisasie Human Dignity Trust. Namandje is ‘n lid van Swapo se sentrale komitee en sê die uitspraak is nie waarvoor die party geveg het nie.