Swapo hou vandag kieskollege

Byna 700 Swapo-afgevaardigdes sal vandag vergader om die party se volgende parlementariërs te kies. Alles is gereed vir die party se kieskollege wat die party se toekomstige leierskap en die samestelling van sy parlementêre kandidate voor die nasionale verkiesing in November sal bepaal. Die afgevaardigdes sal 96 voornemende parlementslede kies, afkomstig uit verskeie partystrukture, insluitend die sentrale komiteelede, verkose Swapo LP’s en verteenwoordigers van die Swapo Party Vroueraad, die Ouderlingeraad, die Jeugliga en meer. Die party het Vrydagaand ‘n ‘n fondsinsameling gala-dinee gehou.