Swapo hou partytjie op Mariental

Swapo vier sy 64ste verjaarsdag vandag op Mariental by die Hage Geingob-stadion. Die verrigtinge het reeds Vrydagaand begin en sal na verwagting tot vanaand duur. Die party het amptelik op 19 April verjaar en daar is menings dat die herdenking in die Hardap-streek plaasvind omdat dit ‘n verkiesingsjaar is. Die party het ook onder skoot gekom omdat sy sekretaris-generaal in China is met die party wat blykbaar nie weet hoekom Sophia Shaningwa daar is nie maar, daar is geld daarvoor en vir die viering, terwyl die party armoede pleit oor ‘n buitengewone kongres wat gehou moet word om ‘n nuwe president te verkies.