Swapo het geen reg om Neka instruksie te gee nie

Na ‘n intense verkiesingskongres die naweek in Otjiwarongo, het die Namibia Exile Kids Association, Neka, nuwe leierskap verkies in weerwil van Swapo se advies om die verkiesing te staak te midde van bewerings van binnegevegte onder kandidate. Die nuwe leierskap sluit in Kadiva Hamutumwa as president, Sacky Nendongo as visepresident, Elizabeth Shimwafeni as sekretaris-generaal en Simubali Simubali as adjunk-sekretaris-generaal. Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het Sondagoggend in ‘n brief aan Neka versoek dat die kongres opgeskort word, na beweerde interne onenigheid onder kandidate, wat moontlike negatiewe gevolge vir Swapo kan hê. Kosmos 94.1 Nuus het hieroor gepraat met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah.