Swapo doen nie verkiesingsbegrotings nie

In sy kwartaallikse ekonomiese oorsig het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing ondersoek ingestel na begrotings tydens verkiesingsjare. In sy ondersoek sedert 1990, sê hy geen spesifieke patroon kom na vore uit die sewe sogenaamde verkiesingsbegrotings nie. Die meeste maatreëls vir inkomste en uitgawes vorm deel van langtermyn ekonomiese doelwitte. Daar kan spesifieke aksies wees, soos die verhoging van toelae en die salarisse van staatsamptenare maar, die verhogings word ook regverdig en is ingestel wanneer daar fiskale ruimte daarvoor was.