Swapo doen baie meer as ANC op brandstofprys

Reaksie word ontvang op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat ‘n beroep op die ANC-regering doen om aandag te gee aan die stygende brandstofpryse. Reuse-stygings word vir die maand verwag en die sentrale bank sê die regering moet verskeie opsies oorweeg. Plaaslik, het die Swapo-regering reeds heffings aangepas en absorbeer hy ook talle male onderverhalings. Brandstof in Namibië, al word dit ook vanaf Suid-Afrika ingevoer, is steeds goedkoper as in die buurland. Die regering verdien ‘n pluimpie, soos Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie van myne en energie verduidelik.