Swanu eis optrede in Kalkfeld

‘n Groep Swanu-partylede in Kalkfeld het die strate ingevaar om hul griewe teen die gevolge van waterskuld en werkloosheid te lug. Hulle betreur ook ‘n gebrek aan opdaterings oor planne vir die nedersetting se beoogde opgradering na dorpsraadstatus. Die inwoners is gelei deur Mbango Nandova, wat ‘n beroep op die streeksraad doen om op hul petisie te reageer, wat verskeie ingrypings voorstel om groei by die nedersetting te stimuleer. Die inwoners het by die Kalkfeld-hervestigingskantoor bymekaargekom om die petisie in te dien, maar is geïgnoreer deur die owerhede.