Swanger vrou in die sop na sy kaal foto’s van radio aanbieder deel

‘n Smetterige bedryf het homself uitgespeel in die Noorde met die 33-jarige Hilia Shikongeni wat gearresteer is na sy kaal foto’s van ‘n bekende en gewilde radio aanbieder gedeel het. Die aanbieder was na bewering in ‘n verhouding met haar man met wie sy vervreem was. Sy is borg van 2 000 Namibiese dollar toegestaan. Owerhede het die publiek weer gewaarsku dat dit ‘n kriminele oortreding is en dat Shikongeni tronkstraf van tot vyfjaar kan kry. Die Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Haar saak is tot 23 April volgende jaar uitgestel omdat sy swanger is en teen daardie tyd reeds geboorte sou geskenk het.